Naomibediening
Elda Pretorius 082 775 4302
Gebedsbediening
Suzette Simpson 083 686 5451
Getuienisbediening
Die Getuienis diensgroep se missie is om die gemeente se gesig na die wereld te draai, deur die die evangelie van die koninkryk van God doelgerig binne en buite ons gemeente uit te dra. Binnelands word op die Malutis, Lusikisiki en Gamalakhe gefokus. Buitelands word op Nepal en Angola gefokus.
Barmhartigheidsbediening
Hierdie diensgroep fokus daarop om die liefde van Jesus uit te dra deur waarlik om te gee met Woord en brood. Hulpverlenende funksies word verskaf soos kospakkies en klere. Die kommissie werk nou saam met die Christelike maatskaplike diens.
Voorsitter: Giel Minnie
Lance Devonshire 072 192 0019
Gemeentebediening
Gemeentebediening fokus op die geestelike opbou van die gemeente, sodat Margate waarlik kan leef vir Christus. Sake soos toerusting, leierskap, kommunikasie, geestelike verdieping en gemeentelike funksies, sorteer onder hierdie kommissie.
Voorsitter: Ferdie van Greunen 039 315 7651
Jeugbediening
Die Jeugbediening staan op drie bene, te wete: kategese, kinderkerk en kerkjeugaksies. Jaarliks word ook jeugkampe gehou en stranddiensaksies word ondersteun. Die missie van die jeugkommissie is om die jeug van die gemeente tot getroue dissipels van Jesus te vorm wat waarlik leef vir Christus.
Diana Landsberg : 073 5227972
Kleingroepbediening
Die kleingroepbediening, wat verskeie Bybelstudiegroepe insluit, streef daarna om deur Bybelstudie te groei in hul verhouding met God, met mekaar, terwyl die fokus op die wereld nooit uit die oog verloor word nie. Die kontaknommers van leiers verskyn gereeld in die Korrels.
Bybelstudie:
Maranathagroep -:- Dinsdae 15:30 @ Jeugsentrum
Port Edwardgroep -:- Dinsdae 14:30 @ PE Kerkgebou
Villagegroep -:- Donderdae 09:00 @ Hibiscus Heights
